Internasionale Burgerlugvaartorganisasie

Die vlag van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie
Die hoofkantoor van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie in Montreal, Quebec, Kanada
Die lidlande van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie

Die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Engels: International Civil Aviation Organization, ICAO; Frans: Organisation de l’aviation civile internationale, OACI) stel die beginsels en tegnieke saam wat gevolg word in internasionale lugnavigasie en ondersteun die beplanning en ontwikkeling van internasionale lugverkeer om ordelike groei in die hand te werk. Die organisasie se hoofkantoor is in Montreal, Kanada geleë.

Die raad van die ICAO aanvaar standaarde en aanbevole praktyke ten opsigte van lugnavigasie en die voorkoming van onwettige inmenging en die fasilitering van prosedures waar grense oorgesteek word vir internasionale burgerlike lugvaart. Verder definieer die ICAO ook die protokolle vir die ondersoek van vliegongelukke wat gevolg word deur die departemente van vervoer in lande wat die Konvensie vir Internasionale Burgerlugvaart, ook algemeen as die Chicago Konvensie, onderteken het.

Die ICAO moet nie met die Internasionale Lugvervoervereniging (International Air Transport Association of IATA) verwar word nie. IATA is 'n handelsorganisasie vir lugrederye wat ook in Montreal gesetel is of met die Burgerlugvaart Navigasiedienste Organisasie (Civil Air Navigation Services Organisation) wat 'n organisasie is met sy hoofkantoor by Amsterdam se Schiphol lughawe in Nederland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search